Voorbeelde / Examples

Die toesprake op hierdie bladsy is voorbeelde van sommige van die onderskeie kategorieë wat Ster Redenaars u kan bied. Indien u die inhoud van enige van hierdie toesprake gebruik, is dit op eie risiko aangesien die algemene publiek toegang het tot al hierdie toesprake. Geen deelnemers mag dieselfde toesprake of gedeeltelik dieselfde toespraak tydens ʼn kompetisie lewer nie. Hulle sal gediskwalifiseer word.
WARNING!!!
The speeches on this page are examples of some of the different categories offered by Ster Redenaars. Should you use the content of any of these speeches, you do so at your own risk because the general public has access to these speeches. No participant in a competition may deliver the same or partially the same speech. They will be disqualified.
VOORBEELD: REDENAARS
GRAAD 1 – 2
LEDIGHEID IS DIE DUIWEL SE OORKUSSING –
Kinders moet nog rus, speel en lekker bederf word
Voorsitter
Ek is nie ‘n lui mannetjie nie. O, nee!
En ek weet ledigheid is die duiwel se oorkussing.
Maar, dames en here, as jy ‘n kind is moet jy darem nog speel, genoeg rus en lekker bederf word!
Eerstens. Ek lees in my boek “Die drie varkies”, geskryf deur Elmarie Botes, dat sprokiesverhale is eintlik baie wreed.
Die drie varkies se mamma het hulle al sommer vroeg uit die huis geskop.
Maar dit is net varke wat so iets doen.
Hoe moet ek vir myself sorg?
Ek kan nog nie werk nie!
Ja Mamma, ek hoef nog nie so baie werkies in en om die huis te doen nie.
Want ek is nog ‘n kind en kinders moet baie rus.
Tweedens moet kinders genoeg speel.
Dit is nie ek wat so sê nie.
Tannie Wietske Boon sê so.
Sy is ‘n opvoedkundige sielkundige.
Gaan lees maar self op haar webtuiste www.wietskeboon.co.za.
Sy sê dat mammas en pappas kinders moet toelaat om te speel.
Kinders word baie slim deur te speel.
Ek stem saam met die tannie.
Ek wil nie nou al werk aan moeilike somme nie.
Ek is nie lui nie, nee, ek wil myself net slim speel.
Laastens moet kinders nog lekker bederf word.
Ek praat nou nie van duur geskenke nie.
Ek praat van regte-egte bederf.
Ontbyt in die bed!
Ek het die boek, “Hoe jou wonderlike liggaam werk”, deur my gunsteling skrywer, Jaco Jacobs.
Daarin sien ek dat jy vroeg in die oggend moet eet.
Dit help met jou metabolisme.
Sien! Dit is goed om kinders te bederf met ontbyt in die bed!
Ons is nie ledig nie. Ons kyk net na ons gesondheid!
Dames en here, ledigheid is dalk die duiwel se oorkussing, maar as jy ‘n kind is MOET jy nog rus, speel en lekker bederf word.
Ek is glad nie lui nie.
Ek dink net werk is vir grootmense en nie vir blikpense nie!
EXAMPLE: CLASS SPEECH
GRADE 3
A WEIRD EXPERIENCE
Teacher and friends, aliens kidnapped me! Hmm, I see that you don’t believe me but it is true. And it happens every night.
You see, I made a pact with their leader. If I teach them everything about boys, they bring me safely back to earth every morning before my mom wakes me up. The leader’s name is GRIBJONOCHOKR but that is very hard to say, so I just call him John, for short.
Anyway, you must wonder what I teach them. Let me tell you a secret! These aliens aren’t very bright. They can’t understand the simplest things I tell them and just shake their heads.
Every night I show them over and over again that boys don’t like to bath.
I show them over and over that you don’t have to wash between your toes, you don’t have to wash behind your ears and you don’t have to wash your face if it isn’t dirty. Aliens can’t understand this because they like to be clean.
They asked me what a toothbrush is. I said: “You use a toothbrush to brush the mud off your school shoes if you forget to clean them.”
They asked why I have a dog. I said: “I have a dog because he eats my homework when I don’t have time to do it.”
Of course, these aliens can’t understand that at all and shake their heads.
Friends, there is still so much that I must teach them.
But you know what? My mom also can’t understand what I am trying to tell her. She sent me back to the bathroom this morning to wash my face AND brush my teeth.
Hmm, I think my mom might be an alien.
VOORBEELD: REDENAARS
GRAAD 4 – 5
PAP – Grootmense maak die pap te dik aan
Voorsitter
My oupa sê altyd: “Te veel van ‘n goeie ding is ook nie goed nie.”
Dames en here, grootmense, dis vir u wat ek vandag wil oortuig om rustig te raak, diep asem te haal, ons kinders uit te los en nie so ‘n bohaai op te skop nie. Julle maak die pap heeltemal te dik aan. Dit is nie so erg nie!
Eerstens. Ouers! Jeuk julle rêrig of krap julle waar dit nie jeuk nie?
Waarom so tekere gaan oor ons taal?
Moet my nie verkeerd verstaan nie – ons wil nie Afrikaans van die gras afmaak nie. Nee, ons wil net vir hom ‘n nuwe, byderwetse baadjie aantrek. Maar dan – die onmenslike bohaai!
Vir wat?
Oom Fanie Viljoen, die bekende Afrikaanse skrywer, voel net soos ek. In die artikel, “5 boek minute met Fanie” in die Sarie tydskrif van 10 Februarie 2014, voer joernalis, Phyllis Green, ‘n onderhoud met Oom Fanie. Hy sê dat hy baie jong vriende het en hy verstaan die jeug se Afrikaans.
Ouers, julle gaan heeltemal te erg te kere oor ons taal.
Tweedens ruk grootmense die dam onder die eend uit as dit kom by tegnologie so asof dit die grootste euwel is ooit is.
Wel, kyk ‘n bietjie in die “Kids National Geographic” tydskrif van Oktober 2014 na die artikel “Los ons renosters uit”. Die gewilde kindertydskrif het joernalis, René de Wet, gestuur om uit te vind wat aan renosterstropery gedoen kan word.
Sy reken dat tegnologie sal vir die opwindendste oplossing in die stryd teen stropery sorg. ‘n Nuwe afstandbeheerde monitorstelsel hou die veldwagters op hoogte van elke renoster se beweging.
Sien julle nou, grootmense, tegnologie kan selfs ons renosters red!
Dis hoekom ek sê: Julle maak die pap te dik aan want tegnologie is glad nie so sleg vir ons nie!
Laastens. Grootmense skrop en skoffel die “dissipline” molshoop totdat dit in ‘n berg verander.
Hulle versmoor ons met reëls, reëls, en nog reëls!
Mense, ons nuwe generasie is nie die pad byster net omdat ons so effens anders dink nie.
Jy mag nie dit nie! Jy mag nie dat nie!
Maar, pasop!
Daardie slim oom, Dr Kobus Neethling, praat die waarheid in sy boek, “Kreatiwiteit laat jou wondere verrig”. Hy sê dissipline maak kreatiwiteit DOOD!
Ja, grootmense, julle het reg gehoor. Julle mors met ons kreatiwiteit!
Moenie so aangaan oor die reëls nie.
Daardie dik pap laat ons verstik.
Dames en here, ek vra weer:
los ons om te praat soos ons wil;
laat vaar die bohaai oor tegnologie; en
moenie ‘n berg van ‘n molshoop maak as dit kom by dissipline nie.
En, asseblief grootmense, hou op om die pap so dik aan te maak. Dis so onnodig.
Volgende keer as my ouers te veel van ‘n bohaai opskop, gaan ek by my oupa bly!
VOORBEELD: REDENAARS
GRAAD 8 – 9
KLEIN BAAS BETER AS GROOT KNEG –
Meisies sal nooit die baas wees nie
Voorsitter
Ek het slegte nuus. 52% van ons land se bevolking is vroumense. Ja, hulle is MEER as ons manne en nou dink hulle hulle kan koning kraai.
Maar, dames en here, ‘n hen kon nog nooit kraai nie. Vandag gaan ek u sommer maklik oortuig dat vrouens nooit die baas sal wees nie – nie eers ‘n klein baas nie. Hulle is die knegte van invloede van buite en van binne.
Eerstens. Meisies en Modes. Ek dink ons almal weet wie is baas. Eerder dood as uit die mode, nie waar nie? Ek dink meisie dink as hulle sulke hoë hakke dra en hulle ‘n kop langer as almal is, dan voel hulle soos die baas! Meisies, julle is nie die baas nie! Julle is die kneg van ‘n modegier wat van elke Dawid ‘n Goliat wil maak en ons weet almal wat met Goliat gebeur het. Op www.telegraph.co.uk vind ek die berig “The real reason women 'choose to' hobble around in high heels” wat my argument ondersteun. Die joernalis Radikha Sanghani voer ‘n onderhoud met die ster van die gewilde “Chick Fliek – Sex in the City” Kirsten Davis op 3 Maart 2014. Dié ster sê sy is jammer dat vrouens dink hulle moet hulle voete in “wolkekrabber skoene” inforseer om suksesvol te voel. Sien! Vrouens bly maar ‘n gewillige kneg van modes en sal dit nooit baasraak nie.
Tweedens. Meisies word deur hulle vriendskappe gereël en gereguleer. Ek wil selfs ‘n stap verder gaan en sê... hulle vriende is hulle baas! Het julle al gesien dat meisies nêrens op hulle eie kan gaan nie. Hier sit ons – ‘n gemengde groepie van 10. Skielik, asof daar ‘n sein van êrens gekom het wat ons ouens nie kan sien, hoor of voel nie, spring al die meisies op en verdwyn giggelend agter ‘n deur in waar ons nie mag ingaan nie. My niggie wys my in haar boek “Gemaklik in jou eie Lyf” deur die aktrise en psigometris, Leandie du Randt, en ek haal aan: “As ‘n mens in jou tienerjare is, is jy geneig om bang te wees om dinge op jou eie te doen.” Dis alles goed en wel maar dan kan jy ook nooit die baas van jouself wees nie.
Ja-nee, solank meisies soos ‘n troppie skape is, sal hulle mekaar se knegte bly.
Derdens. Ontevredenheid is hulle baas! Ek hoor mos hoe praat die meisies. Reguit hare moet krul. Krul dit, word tegnologie ingespan om dit penreguit te kry. En die haarkleur is nooit reg nie. Is hulle kort, beny hulle dié wat lank is. Die langes wil korter want lang kêrels is skaars. Langer naels! Langer hare! Die redes vir hierdie ontevredenheid is oneindig lank. En vriende, dis nie net ‘n ding van ons era nie. O nee! Eva was die prototipe van ontevredenheid. Dink julle as sy totaal tevrede was met dinge soos dit was, sou sy daardie appel gehap het?! Ek lees op www.listverse.com in die artikel van 7 November 2012, “Top 10 Truly Weird Victorian Fads” deur die joernalis en skrywer, Nene Adams, dat vrouens ontevrede was met die omtrek van hulle middellyfies. Korsette is ingespan om hulle middels na ‘n “ideale” 40 cm te krimp. ‘n Sangeres genaamd Polaire, was ‘n sensasie met ‘n middel van 35 cm. ONGESOND hierdie ontevredenheid van vroumense, nie waar nie? Maar nou-ja, die kneg dink mos hy is groot!
Laastens. Kompetisie. Vrouens voel dat hulle met mans moet kompeteer. Vandag wil ek dit baie duidelik stel: Daar is geen kompetisie nie! In die eerste plek het mans 2 tot 4 biljoen meer breinselle as vrouens. Vrouens het egter meer senuweeverbindings tussen die linker- en regterbrein. Mans kan baie goed fokus op een spesifieke taak. Vroumense kan meer take gelykertyd verrig. Hierdie interessante inligting kry ek in die persoonlikheids- en leierskapontwikkelaar, Dr Dawie Smith, se boek “Kopskuif”. Hy sê ook dat hierdie verbindings baie keer veroorsaak dat vrouens deurmekaar raak met wat is links en regs. Wat Dr Smith egter baie duidelik wil oordra is dat mans het sekere pluspunte en vrouens weer ander. Ons moet mekaar probeer verstaan maar nie met mekaar kompeteer nie. Dis hoekom ek sê – solank vrouens die kneg van kompetisie is, sal hulle nooit die baas kan wees nie.
Dames en here... laat ek net gou weer u geheue verfris waarom vrouens nooit baas sal kan wees nie.
Hulle is modeslawe;
Vriende reël en reguleer hulle lewens;
Ontevredenheid met hulself; en
Hulle kan nie met mans kompeteer nie.
Die voordeel natuurlik dat daar soveel meer vroumense is ons manne kan altyd die haan onder die henne wees!
EXAMPLE: ORATORS
GRADE 10
ALL THE WORLD’S A STAGE
Friends, teachers, parents lend me your ears. I’ve come to tell you that “to be or not to be” is not even a question but neither is it the answer. No, the answer is that for each and every one of us the stage is set and only you can decide what and how big-a role you want to play and whether you will be successful.
As our friend, Will, so aptly wrote in the play “As you like it”, “All the world is a stage and all the men and women are merely players.”
Being a bit of an actress myself, I fancy the idea that I am in a play, even though, at the tender age of 15, I’m sometimes uncertain of my role and in which direction I am headed.
Some of my “co-actors” believe that “fate” plays a leading role but I prefer to think of “fate” as the “prompter” who sits in the wings, and if you suddenly forget your lines or somehow lose the plot, “fate” will nudge you in the right direction with just a few words whispered in your ear. You know, that “gut feeling” that “something” that tells you: “I have to do this”.
But most of the time we are our own directors, stage managers, players and, of course, lighting technicians because only we can determine the “light” that other people see us in.
I am not saying that there are no external influences on the different roles we play, and, yes, we play a multitude of roles during our lives. Every person who enters or exits the Act or Scene that you are currently playing, impacts on your life.
But, getting back to the “different roles” we play – it is a fact of life, a fact of the “play” we are in, that we will play many roles throughout our lives. Shakespeare says seven but he was only referring to the different ages.
I say your roles are many and diverse; and as you progress through life, they have to change with you. No one is born a doctor… or a mother… or a friend. No! These are all roles that you grow into, study hard to master and sometimes even fail at miserably.
Any seasoned actor will tell you that the secret behind creating a character, is to truly believe in what you are doing. When you set foot on stage you must become your role otherwise everyone else will see through you – for the fake you are.
So, be all you can be. Live your life to the full. Embrace each and every role and opportunity that is handed to you, even if you sometimes have to “fake it ‘til you make it”.
And, when the final curtain falls, take your bow with grace and give the rest of humanity reason for a standing ovation.
VOORBEELD: KLASTOESPRAAK
GRAAD 11
TYD
Vriende, ons tyd het uiteindelik aangebreek.
Jammer, Juffrou Niemand dis nie meer u tyd nie. U tyd is nou iets van die verlede.
Nóú is die tyd van Generasie Z. As jy tussen 1995 en 2010 gebore is, dan is dit jy. Ons ster kom nou op, en ek kan julle maar sê: “Dit is hoogtyd!”
Ek lees op Netwerk24.com, die digitale koerant, die berig wat deur Vida Booysen, joernalis vir ekonomiese sake, gepos is op 19 Oktober 2014, “Omgee geslag sal wêreld verander” waarin kenners dit duidelik stel dat die aarde tans soos ‘n tydbom is en sien Generasie Z as die superhelde wat wesenlike verskille gaan maak om dit wat tot dusver alles verkeerd geloop het, weer reg te ruk.
As dit vir julle na baie hoë verwagtinge klink moenie bekommerd wees nie want ‘met tyd kom raad’, soos my ouma altyd sê.
In die berig reken Bruce Tulgan, ’n skrywer en strateeg wat navorsing oor die omwenteling van geslagte doen, dat ons generasie se verwagtings is baie meer realisties en ons wenslys is beskeie. Ons gaan nuwe oplossing vir baie ou probleme uitdink want ons kan uit die boks dink.
Hy verwys na Logan LaPlante wat op 13 jarige ouderdom ’n aktivis is vir selfdoen-onderwys en sy Youtube-video, “Hackschooling makes me happy”, het meer as vyf miljoen trefslae gekry. Ook na Adora Svitak, wat op 17 drie boeke geskryf het en ’n spreker op wêreldforums is.
Maar wat ons generasie so uitstaande maak is dat ons “omgee”.
Ons gee om vir die planeet en vir alle mense ook op die planeet. Malala Yousafzai, Nobelvredespryswenner op die ouderdom van 17 jaar, is seker die beste voorbeeld van my generasie. Nie eens die sluipmoord-aanval wat amper haar lewe geëis het kan haar stuit om die wêreld vir kinders en vrouens te verander nie.
Nuwe uitvindings is ook eerder daarop gerig om mens te help en nie soseer vir winsbejag nie. Soos Logan Lavoie, uitvoerende hoof van ‘n talentwerwingsplatform sê, en ek haal aan: “Geld is nie vir Generasie Z belangrik nie – hulle is maatskaplike entrepreneurs wat die wêreld wil verander, en hierdie gedrewe en digitale geslag sal eerder ’n loopbaan volg waaroor hulle passievol voel.”
Ek sê weer: “Ons tyd is nou” en, soos ons almal weet, tyd is die kosbaarste geskenk wat jy vir enige persoon kan gee. Gee dit met vrymoedigheid want jy is ‘n kind van Generasie Z.